base_logo_transparent_background
Meer inligting:                                                                                                                                                                                                                 
  1. Ons Visie - Almal maak saak. Niemand behoort minderwaardig te voel al is hul arm, doof, stom, oud of anders as die algemene mens nie.
  1. Ons Missie - Om die mees kwesbare persone in ons omgewing 'n veilige hawe te gee sowel as daaglikse voeding en bystand soos benodig.

  • Akkomodasie  - Elke kamer/wendy is toegerus met 'n bed en 'n kassie vir klere. Inwoners maak hul kamers self skoon. Gemeenskaplike badkamers is beskikbaar.     

Maaltye -         Ontbyt en aandetes word verskaf - hoofsaaklik slegs uit donasies.

  1. Inwoners word maandeliks een keer na die kliniek/hospitaal geneem op vasgestelde dae soos beplan en addisionele ritte word gehef.        
  1. • Ongelukkig word geen persone onder die ouderdom van 18 jaar toegelaat by die sentrum nie weens die variasie van inwoners. Kontak asseblief 'n plek van veiligheid vir hulp indien daar klein kinders betrokke is.
  1. Ons behou die reg voor om dienste wat verskaf word te enige tyd te beëindig vir enige persoon wat nie die sentrum reëls nakom nie. Oortreding van reëls kan drie offisiële waarskuwings betrek vanaf die bestuur wat gevolg sal word met 'n bëindiging van dienste brief. Om hierna nie vrywillig die perseel te verlaat nie beteken dat die polisie gekontak sal word om jou te verwyder.   Neem kennis dat inwoners by die sentrum nie geklassifiseer word as 'n huurder in die sin van die wet nie, maar slegs inwoners met sekere voorwaardes soos per die reëls en regulasies van die sentrum. Dus, indien 'n geallokeerde kamer verlaat word vir meer as 7 dae sonder skriftelike reëlings wat aan die bestuur oorhandig is, sal ons aanneem dat daar geen intensie is om terug te keer nie. Eiendom sal 7 dae gehou word waarna dit op die 8ste dag aan minder bevooregdes gegee sal word om die kamer leeg te kry vir die volgende persoon.
  1. Christenlike kerkdienste word aangebied op Sondae by die perseel, en ons nooi elke nuwe inwoner graag om dit by te woon.
  1. [Registration no: 2022/825282/08] [NPO no: 289-931 NPO] [PBO no: 930078917]

    Plot, 42 Mossie Street, Onderstepoort,0110

    Contact no: 081 015 3862

ONS IS GEREED VIR DIE UITDAGINGS OP ONS PAD, IS JY GEREED OM ONS BY TE STAAN?