- Mossie Straat OMGEE Sentrum het in bestaan gekom in 2023 na die afsterwe van Erna (2022/05/25) en Jan (2022/08/22) Jansen van Vuuren, die eienaars van Kosmos Sorgsentrum wat meer as 10 jaar bestaan het. Met hul afsterwe het hul hul tweeling dogters, Susan en Carika agtergelaat wat groot geword het op die plot. Daar was geen ander alternatief as om voort te gaan met die versorging en huisvesting van die mense wat reeds daar was asook al die nuwe mense wat hulself gestrand gevind het sonder enige heenkome daarna nie. Die tweeling het grootgeword tussen die minder bevoorregdes, ouer mense asook mense met gestremdhede. Omrede die tweeling self doofstom is het hul met die hulp van buite partye Mossie Street Care Center amptelik geskep.
Skenkers: Ons is geregistreer as 'n PBO en ons is in staat om 'n Artikel 18A belastingsertifikaat ingevolge die Inkomstebelastingswet No. 58 van 1962 uit te reik aan die belastingpligtige. Hierdie sertifikaat dien as bewysstuk dat die skenking aan 'n geskikte PBO gemaak was.Dit beteken dat tot en met 10% van belastingpligtiges se belasbare inkomste afgetrek kan word. Die bedrag hang natuurlik af van die bedrag van die skenking/donasie.
Mossie Street Care Center is 'n nie-winsgewende organisasie (NPO) wat geregistreer is by Sosiale Ontwikkeling (Social Development). Ons bied veilige lae koste verblyf met etes aan SELFVERSORGENDE persone (♂ en♀ welkom) met 'n SASSA pensioen of soortgelyke inkomste.
Ons bied ook verblyf en etes aan mense met geen heenkome of inkomste nie, en dus word verblyf en etes betaal deur toegekende pligte/werkies te verrig op die eindom soos bepaal deur die bestuur op 'n daaglikse basis.
Ons is ongelukkig nie 'n Sorg-Sentrum nie omrede ons nie personeel/mannekrag het wat in staat is om vir mense met mediese behoeftes te sorg nie. Ons is ook ver van mediese hulp indien dit benodig sou word dus moedig ons mense aan om plekke wat in staat is om verswakte sorg te bied te kontak indien hul mediese/daaglikse sorg benodig.














